Marlene & Dickie Logchies

Dit was een van die wonderlikste ervarings om saam jou te kon werk! Mens kry opnuut waardering vir iemand en hul passie wanneer mens saam iemand werk. Van dag 1 af het jy baie vriendelik voorgekom op jou eposse. En hierdie was net weer bevestig toe ons jou vir die eerste keer kon ontmoet. Ons het dit baie waardeer dat jy en jou gesin ons dadelik so warm verwelkom het.  Jy het uit jou pad uit gegaan om seker te wees van presies wat ons verwagtinge was oor die skildery. Dit, tesame met die eindproduk getuig van hoe deeglik, professioneel en trots jy is op jou werk. Dit het ons die grootste rustigheid gegee! Ons het al en sal beslis voorentoe defnitief jou werk aan almal aanbeveel wat ‘n behoefte het aan so ‘n diens of van jou ander werk.